2014-11-01

Lesse geleer - Johannesburg, South Africa

Johannesburg, South Africa

Ek raak bus siek
Suid Amerika het 'n ernstige hond probleem
Chile verander hulle tyd in September
Ek raak hangry. Hungry&angry
Wat 'mense' se is nie altyd so nie
Ek hou nie van hordes mense en geraas om my nie

Ek kan vir 5 weke klaarkom met 'n 12kg sak, 3 broeke (lank en kort saam), 4 hemde, n baadjie, 2 fleeces, 4 pare kouse, Salomons en plakkies, 'n kam en 100ml shampoo. En thermals!!

Die reis gaan net soveel oor 'waar' as 'saam wie'. Eintlik meer oor die laasgenoemde

Suid Afrikaners is oor die algemeen baie meer konserwatief as mense oorsee

As jy dink jy kan nie meer nie, kan jy. Dis nie noodwendig lekker nie, maar jy kan

Wanneer mens op 'n budget reis, sal mense jou links en regs probeer uitbyt en vir jou jok

Ook wanneer mens op 'n budget reis, sien mens die agterkant van 'n plek...die diep donker dele van 'n nasie

Daar is soveel plekke om te beleef. soveel van God se skepping om te bewonder

Ignorance is bliss

Ek bly in 'n baie mooi land ten spyte van al die probleme. Suid Amerika het net soveel probleme.
Ons lewenskwaliteit is baie hoog en ons is ongelooflik bevoorreg

Daar is iets lekker aan roetine. Dis goed om die roetine te breek elke nou en dan ook

Ons land het die vriendelikste mense. Mense met integriteit en waardes en liefde. Nie almal nie, maar my mense is wonderlik en ek is trots daarop dat hulle nie oorgegee het aan wereldse dinge nie

Mense oor die algemeen is selfsugtig en soek hulle eie belang. Mense se hoof doel in die lewe is hulself. Mense mis ongelukig die punt - die groter prentjie

Dit is ons werk as Christene om dit te verander. Die fokus te verskuif. Daar is baie werk om te doen en vreeslik baie mense om nog te bereik. Dis 'n massiewe taak.

Ons geloof is oneindig waardevol en ons moet dit koester en uitleef. Daar is te veel mense wat nie daardie voorreg het om God te ken of dit te mag wys nie.

Ons pas die planeet glad nie op nie! Tyd om ernstig te begin. Dit is ons verantwoordelikheid.

God is nie net teenwoordig in ons comfort zone nie. Dink klink obvious. Dis redelik maklik om God te beleef en te vertrou in plekke waar Hy vir jou bekend voel en waar mense om jou Sy doel uitleef. Maar in tye van alleenheid, onsekerheid, vrees, wat afgesonder en 'donker' voel en tussen mense wat duidelik skade wil aanrig, het ek geweet God is selfs daar ook, en daar bestaan nie 'n groter 'comfort' nie.

Daar was baie engeltjies wat saam gaan reis het in Suid Amerika.

Amen!

PS - dankie vir almal se belangstelling en gebedjies en goeie wense, ek waardeer julle!

Show more