2014-04-22

Interview by Vicky Jankiewicz (@Vicky_JKWICZ)

Photos provided by Rachelle Crous Publicity

Vandat ek vir Radio Kalahari Orkes gesien speel het by Mieliepop 2013, kan ek nie genoeg kry van hierdie groep vriende wat lekker musiek maak waarop die voete nie kan stilstaan nie.  Nie net is hulle ‘n band soos geen ander in die SA scene nie, maar is hulle ook ‘n lekker groep mense bymekaar.  Ek klets hier met Barry Steenkamp om meer oor hul uit te vind voor hulle die verhoog oorneem by Park Acoustics hierdie Sondag om 1pm.

Julle jam nie vir my genoeg nie – hoe kies julle die gigs waarby julle betrokke raak?

RKO speel nie baie in PTA nie agv. min venues deesdae, maar ons average so 4 gigs ‘n maand wat bestaan uit Teater shows, Festivals, Privates, Corporates,Stadsale en Bars. Dit gebeur vanaf Gauteng, Vrystaat, Natal, Oos Kaap, Wes Kaap, Noord Kaap, Limpopo, Noord Wes, Namibie en laasjaar Nederland. So ons is bedrywig, veral as ons op toer is doen ons 10gigs per 2 weke.

Julle is ‘n lekker vol groep op stage – hoe werk band practice?

Ons reherse wanneer ons aan nuwe materiaal werk en dis gewoonlik by Ian se mansion in Houghton met n braaivleis en geweldige lang wyne.



Radio Kalahari Orkes

Die kombinasie van genres in julle musiek staan uit – wat het julle maak besluit om ‘n bietjie van alles by te voeg?

Man, ou Riaan Malan, Dan en Ian Roberts is ‘n redelike kreatiewe spul knaape, so as hulle koppe stamp kom daar ‘n geurige pot potjiekos te vore.

Wie sien julle na uit op die stage by Park Acoustics?

Ons het ou Nibs lanklaas gesien en ons laaiks van daai Albert Frostbite.

Gaan julle bly vir die comedy en die sonsondergang, of gaan julle dadelik huis toe na gigs?

Neewat ons sal bly om die hele vibe te ervaar dankie!

Gaan like Radio Kalahari Orkes op Facebook

Gaan volg hulle op Twitter

Kom Park Acoustics toe, hierdie Sondag

Show more