2014-05-01

Thought I shared this with you guys

Quote:

http://www.volksblad.com/nuus/2014-0...tjies-sy-einde

WELKOM. – Videospeletjies kan ’n moontlike oorsaak vir Steven Wessels se voortydige dood wees, sê sy pa, André.

Steven, wat verlede Maandag vermis geraak het, het glo ’n rugsak vol klippe gepak, om sy skouers gehang en homself toe vermoedelik met sy pa se rewolwer in die hart geskiet.

Sy lyk is gister om 09:30 naby die perdestalle in Torontopan in die Welkomse woonbuurt St. Helena gevind.

Wat is Diablo?

Diablo (Spaans vir duiwel) is ’n videospeletjiereeks in die aksie-rolspel-genre.

Die reeks vind volgens Wikipedia plaas in die fantasiewêreld van Sanctuary wat bande met die High Heavens en die Burning Hells het.

Die reeks fokus op die stryd tussen mense wat op Sanctuary leef en die Prime Evils, demone wat gelei word deur die hoofantagonis Diablo.

Die karakters in die wêreld van Sanctuary is hoofsaaklik mense, engele en verskeie klasse van demone en monsters.

Volgens www.playdota.com/learn sal ’n mens baie genot uit DotA put as jy ’n aanhanger van opwindende, spangebaseerde multispeler-speletjies is.

Dit is ’n stryd tussen tien spelers wat in twee spanne van vyf verdeel word. Elke speler is in beheer van een “held” en die spanne veg oor ’n slagveld.​

Volgens André het Steven soms tussen 12 en 16 uur op ’n slag ingewikkelde videospeletjies (onder meer aanlyn teen ander mense) gespeel. Die speletjies het DotA en Diablo ingesluit.

“Ek glo hy het kontak met die werklikheid verloor en kon dalk gevoel het hy is ’n mislukking (as hy in dié rekenaarspeletjies verloor het).

“Daardie speletjies is uiters gevaarlik. Jong mense raak verslaaf daaraan en dit oorheers naderhand hul lewens.”

André sê die speletjies is veeleisend en soos ’n verdowingsmiddel wat tot gebroke verhoudings kan lei. Hy sê in ’n mate is dit ’n verligting dat die familie weet wat met Steven gebeur het.

“Die onsekerheid was baie erg. Ons was bang hy is ontvoer, was beseer en het pyn verduur. Daar was so baie vrae en geen antwoorde nie.”

André sê hy berus hom daarin dat Steven geweet het wat hy doen.

“Hy het homself voorberei. Dit was sý keuse en daar is niks wat nou daaraan gedoen kan word nie.”

Sy suster, Nicola, sê Steven was ’n baie stil mens.

“Hy was ’n introvert, maar soms het hy met die snaaksste kwinkslae vorendag gekom wat ons almal laat skaterlag het. Hy het ’n baie goeie sin vir humor gehad.

“Hy was ’n wonderlike broer. Sy laaste woorde aan my was: ‘Ek is lief vir jou.’ Dít sal my altyd bybly. Hy het ook presies geweet wat om te doen om my kwaad te maak. Ons kon oor alles praat,” sê Nicola.

Volgens André was Steven baie onselfsugtig.

“Hy het min geld op homself bestee, maar niks gespaar wanneer dit by sy vriende en familie gekom het nie. Hy het selfs genoeg gespaar om sy ma, Joey, met vakansie te kon vat.”

Nicola sê geskenke was vir hom baie belangrik. “Hy het altyd baie moeite gedoen en baie spesiale boodskappe geskryf.”

Volgens André was die hantering van verhoudings nie een van Steven se sterk punte nie.

Hy was die afgelope tyd baie in homself gekeer.

“Steven was nie ’n mislukking nie. Hy het ’n nasionale diploma in meganiese ingenieurswese verwerf en ’n rybewys vir gevorderde bestuur gehad. Daarby was hy baie lief vir diere en voëls,” sê André.

Die Wesselse kan nie genoeg dankie sê vir lede van die polisie wat dag en nag na Steven gesoek het nie. “Ons sê ook dankie vir die ondersteuning van die gemeenskap en die media. Ons het selfs ’n boodskap van vriende in Athene gekry wat die berigte op Volksblad se webwerf gelees het.”

’n Gedenkdiens word Saterdag, op Steven se 26ste verjaardag, om 11:00 by Kiepersol 9 in Jim Fouchépark, Welkom, gehou.

Almal wat omgee, is welkom om dit by te woon. Steven se as sal later by Ingwe Lala in die Kruger-wildtuin gestrooi word.

Googletranslate

Quote:

WELCOME . - Video games may be a possible cause for Steven Wessels 's premature death , says his father , Andre.

Steven , who went missing last Monday , apparently a backpack filled with rocks , hung to his shoulders and thought to himself with his father's gun shot in the heart .

His body was found yesterday at 09:30 near the stables in Torontopan in Welkom suburb St . Helena found .

What is Diablo ?

Diablo ( Spanish for devil ) is a video game series in the action role-playing genre.

The series takes place according to Wikipedia in the fantasy world of Sanctuary with links to the High Heavens and the Burning Hells .

The series focuses on the struggle between people who live Sanctuary and the Prime Evils , demons led by the hoofantagonis Diablo .

The characters in the world of Sanctuary is mainly men , angels and various classes of demons and monsters .

According www.playdota.com / will learn a lot of pleasure from one pit DotA if you are a fan of exciting , team -based multiplayer games .

It is a struggle between ten players divided into two teams of five divided. Each player is in control of a " hero " and the teams fight over a battleground .

André Steven times between 12 and 16 hours at a time complex video games ( including online against other people ) played . The games Diablo and DotA included .

" I believe he had contact with reality lost and could have felt he was a failure ( as he was in the computer games lost ) .

" Those games are extremely dangerous . Young people become addicted to it and eventually it dominates their lives . "

Andre says the games are demanding and as an anesthetic which can cause broken relationships . He said in a way it's a relief that the family knows what happened to Steven .

" The uncertainty was horrible . We were afraid he was abducted , was injured and in pain . There were so many questions and no answers . "

Andre says he based himself in that Steven knew what he was doing .

" He prepared himself . It was his choice , and there is now nothing can be done about it. "

His sister , Nicola , said Steven was a very quiet person .

" He was an introvert , but sometimes the funniest he came up wit that made us laugh the . He has a very good sense of humor.

" He was a wonderful brother . His last words to me were , 'I love you . " That will always be with me . He also knew exactly what to do to make me angry . We could talk about everything , " says Nicola .

According to Steven Andre was very unselfish .

" He did not spend money on himself , but nothing spared when it came to his friends and family came. He even saved enough for his mother , Joey , a holiday could take . "

Nicola says gifts were very important to him . " He has always bothered and special messages written . "

André was dealing with relationships one of Steven 's strengths .

He was lately very withdrawn .

" Steven was not a failure . He has a national diploma in mechanical engineering and obtained a license for advanced management had . In addition , he was very fond of animals and birds , " says Andre .

The couple can not thank you enough for members of the police day and night to Steven were looking for . " We also wish to thank the support of the community and the media. We even got a message from friends in Athens got the news on Beeld 's website read. "

A memorial service will be Saturday at Steven 's 26th birthday , at 11:00 at Kiepersol 9 Fouchepark Jim , Welcome , held .

Everyone who cares is welcome to attend . Steven 's ashes will later at Ingwe Lala in the Kruger National Park are scattered

Show more