2016-09-29

Elke land het sy eienaardighede en ons is geen uitsondering nie. Hier is ’n paar dinge wat net Suid-Afrikaners sal verstaan . . .

1. Die ware betekenis van die woord “shame”

Buitelanders verstaan dit nie. Jy sien ’n oulike katjie en sê “shame”; jou vriendin het ’n baba en jy sê “shame”. Jou broer se motor is afgeskryf – weer sê jy “shame”. Jy sien iemand huil op die lughawe – “shame”. Een woord vir baie situasies. Dit werk elke keer.

My Dad: "He's dead now…shame" #thingssouthafricanssay

— Nic Smit (@Agent_Smit) October 13, 2010

2. Presies wat “nou-nou” beteken

Dit beteken jy sal binnekort daar wees. Nie nou nie, maar nou-nou. Jy weet, soos in nou. Nie nou dadelik nie – netnou. Hoe moeilik is dit nou om te verstaan?

via GIPHY

3. Inkopies by verkeerskruisings

Selfoonlaaiers, boksies sap, plastiekspeelgoed vir die kinders, netbedekkings om die vlieë van jou kos af te hou, cowboyhoede, hondebeddens, strandstoele . . . jy kan dit alles koop deur net jou motorruit af te rol!

via GIPHY

4. “Ja-nee”

’n Heeltemal aanvaarbare manier om ’n gesprek aan die gang te hou.

5. Die belangrikheid van ’n gebalanseerde dieet

Only in SA does advertising bread and ice cream together seem like a good idea #onlyinsa #icecream

A photo posted by Rochelle Mbatha (@rochology) on
Jul 27, 2016 at 1:29pm PDT

6. Wat ’n “gatsby” werklik is . . .

Jirre, I am craving a masala chicken #gatsby from Aneesa's so badly right now. #capetown #hometalk #southafrica pic.twitter.com/Lzfdy3kUlr

— Sieraaj Ahmed (@SieraajAhmed) August 22, 2016

En hoekom slaptjips ’n aanvaarbare vulsel vir ’n broodrolletjie is.

Kea leboga Soweto. #kasi #onlyinSA

A photo posted by Moroka (@diychefrocky) on
May 30, 2016 at 11:34am PDT

7. Op daardie noot . . . melktert



Pure eetbare vreugde wanneer jy ’n hupstoot nodig het: 5 van ons gunsteling melktert-resepte

8. Hoe om te jol

Ons het Ed Sheeran ook geleer hoe om dit te doen.



Jy kan meer daaroor hier lees.

9. Wat die dier op die Zoo Biscuit werklik is.

Dis ’n kameelperd, nè?

A photo posted by 11 goed wat nét Suid-Afrikaners sal verstaan appeared first on Media24.com.

Show more