2013-07-18



10 Maniere van hoe en hoekoms!

Soveel kere het ek al gehoor, by die tafel langs my, op sosiale media, by my vriende: Hoe kry ek my metabolisme aan die gang? Dit is tog die begin van gewigsverlies, van die vetjies afhou? Hoe onregverdig dat mans vinniger kalorieë verbrand as die wesens van Venus, maar dit is nie ‘n verskoning en ‘n ek gaan terugsit rede vir sukkel nie. Daar is altyd maniere van hoe gemaak en van wanneer, en selfs al word mense, mans en vrouens oor die algemeen gefnuik met ouderdom (ons metabolisme neem af na 40) is daar tog ‘n uitweg. Daar is ook die wat gebore word met ‘n aan die gang metabolisme, my man is een van hulle. Maar na die lees van die Engelse weergawe van hierdie artikel en die vertaling wat gelei het tot nog meer ek kan dit doen oomblikke, het ek besluit om die volgende maniere te probeer.

1. Spier bou 

Ons liggame verbrand gedurig kalorieë, selfs wanneer ons niks doen nie. En die onstellende nuus is dat rustende vet minder kalorieë verbrand as spiermassa! (Spier massa per kilogram verbrand ses kalorieë en vet net twee kalorieë per kilogram.) Na ‘n lekker oefensessie hou die verbrand nog aan en die aan die brand kry van die kalorie vuur word oral oor jou liggaam aangesteek. Jou spiere word aangewakker om nog meer te verbrand met elke oefening. WOW! Ek is sommer nou lus en gaan stap ‘n goeie ent langs die see!

2. Spring ‘n bietjie meer, stap ‘n entjie verder

Aerobiese oefeninge is nie ‘n spiertier bouer nie, maar dit kry jou metabolisme lekker aan die gang en hou dit aan die gang ‘n hele paar uur na jy klaar is met sweet. Probeer net nog ‘n goeie tien minute aanhou met jou oefeninge, druk jouself, JY KAN! Hoe meer jy aanhou hoe langer hou die verbranding aan wanneer jy niks doen nie. Wanneer jy oefen hardloop sommer ‘n ekstra paar kilometers, en wanneer jou mede gym gangers ophou, hou jy aan!

3. Water is petrol

Jou liggaam het water nodig om kalorieë te verbrand! Water retensie gebeur wanneer jy nie genoeg water drink nie en dit sorg vir ‘n metabolisme wat nie efektief werk nie. Ek kan mos nie ge-dehidreer wees nie? Hoe is dit moontlik? Dit is, drink asseblief nie minder as ag glase water per dag nie. Om sommer te sorg dat jy nie SO honger is nie, drink ‘n glas water voor elke ete of peuselhappie. Onthou dat vars vrugte en groene ryk is aan vloeistof, dink net aan daardie sappige waatlemoen en pawpaw!

4. Hou dit ysig koud

Ek drink nou al vir die afgelope twee weke elke aand vars uitgedrukte suurlemoen sap en water, met baie ys in, nie net sorg dit dat ek nie daardie laataand luste bevredig nie, maar my hele lyf voel sommer beter, my vel is meer ferm en alles werk makliker. Ek was ook my organe met water! Yskoue vloeistowwe sorg dat die liggaam nog meer kalorieë verbrand met die vertering van kos. Ses glase water per dag sal sorg dat jy ‘n ekstra 10 kalorieë per dag verbrand, dit klink nie na baie nie maar tel dit op oor ‘n jaar? En dit sonder om te dieët! Jy kan ook “iced tea” en “iced coffee” inspan om te help, maar asseblief sê nee dankie vir die room en suiker.

5. Positiewe Peusel

Wanneer jy aanhoudend eet KAN jy gewig verloor! Let wel om meer kere te eet in plaas van MEER eet maak die verskil! Halfeer jou maaltye en eet meer gereeld, drie tot vier ure tussen ‘n maaltyd versnel jou metabolisme, en jy verbrand meer kalorieë reg deur die dag. Aanhou peusel sal ook sorg dat jy minder eet.

6. ‘n Ekstra skeeutjie chilli?

Daardie aangename beit op die tong kan sorg dat jou liggaam se metabolisme nog beter luier, ‘n eetlepel gekapte rooi of groen chilli’s kan wondere verrig om die verbranding van kalorieë aan te help. Dink net pasta en bredies met ‘n aangename verskil, ‘n verskil wat help om jou liggaam beter te laat werk!? Ek sprinkel vanmiddag DIE bietjie brand oor my gekookte eier en dit smaak sommer ekstra lekker.

7. Proteinkrag

My lyf gebruik meer energie om die kalorieë te verbrand met die eet van ‘n vet afgesnyde steak as met die smul aan daardie bak pasta met room. ‘n Gebalanseerde eetplan kan wel meer protein as stysel insluit. Gesonde bronne van protein sluit in maer beesvleis, vis, witvleis hoender, neute, boontjies, tofu, eiers en ook lae vet suiwel produkte.

 8. Daardie eerste koppie koffie . . .

Ek bestel al my koffie wanneer ek my gunsteling “local” koffie drinkplek se deur oopmaak. Gewoonlik, wel tot VANDAG het ek sommer vir ‘n cappucino gevra, maar ek het besluit dat van nou af drink ek swart koffie! En sowaar ek proe die swart koffie meer, ‘n nuwe smaak sensasie gebeur op my tong en my lyf voel sommer reg vir die dag wat wink! Koffie help ook om jou metabolisme wakker te maak!

9. Herlaai met Groen Tee

Groen tee sorg vir die verbranding van 17% meer kalorieë! Ek skryf groen tee op my lysie vir gaan koop voor ek my seuntjie gaan haal. Ek leer al hoe meer oor metabolisme, en dit maak sin.

10. “Crash Diets”, lees weer! (So ‘n dieët “crash” gewoonlik!)

Ek weier om die woord dieët meer te gebruik, dit laat my dink aan MIN kos, sukkel en swoeg. EN ja om gewig te verloor is nie maklik nie maar moontlik, MAAR dink voor jy jou arme liggaam ontneem van dit wat nodig is om kalorieë te verbrand. ‘n Vinnige min eet dieët kan jou wel VINNIG help om gewig te verloor maar jou gesondheid gaan daaronder ly. Jy verloor nie net vet nie maar ook spiermassa met so ‘n etery. En hoe minder jou spiermassa hoe stadiger jou metabolisme! Die resultaat na SO ‘n dieët is ‘n liggaam wat minder en stadiger kalorieë verbrand! Gaan lees meer oor die “Manna Weight Loss Program” wat gratis as ‘n e boek afgelaai kan word.
Taking the Manna Blood Sugar Support tablets and the Low GI Shake with the prescribed program, weight loss is certain.

Wanneer jy die Manna Blood Sugar Support tablette en ‘n Lae Gi Shake drink met ‘n voorgeskrewe program is gewigsverlies gewaarborg!

In Kort

Die invloed van verskillende voedselgroepe en vloeistowwe op jou metabolisme if klein in vergelyking met wat jy benodig vir effektiewe gewigsverlies. Bou spiere en verseker ‘n lyfmasjien wat kalorieë gedurig verbrand deur middel van aanhou beweeg. Klim trappe in plaas van hysbak ry, parkeer ‘n bietjie verder van die winkels en stap verder. Hoe meer jy beweeg hoe meer kalorieë verbrand jy, so eenvoudig soos dit! En onthou hoe vroeër jy soggens begin beweeg hoe meer hou jou lyf aanhou beweeg deur die dag. Vanoggend het ek juis my bed opgemaak met sommer twee lakens en komberse, daardie ietsie, daardie bietjie ekstra is vir my bietjies wat help!

Show more