2015-10-05

Waar om te begin.

Om buffel te jag is iets wat al lankal op my bucketlist was.Ook was dit vir my vroeg duidelik dat indien dit gebeur dit met die boog gaan wees.

Omstandighede het in my guns uitgewerk en ek kon voelers uitsteek deur my PH Tavi om vir my een te soek so paar weke gelede.Hy het al sy bronne gekontak en het vir ons gekry net buite Malelane op 'n 3000ha plaas wat teen die Wildtuin grens met ongeveer 300 buffels op die plaas.

Die voorbereiding is gedoen deur verskillende pylkombinasies te toets en finaal op een te besluit.Die boog en pyl instelling is gedoen.Hierna is intense oefening gedoen op 20-50y en seker gemaak die jagpunt tref die kol.Die week voor die jag het ek "mental rehearsal" oor en oor in my kop gedoen en het buffel ge-eet,slaap en droom.

So het dit gekom dat ons vol moed Vrydag na Malelane gery het.Daar aangekom en by die verblyfplek ingeboek het ons na die plaas gery om bietjie verkenningswerk te doen.Ons het in 2 ure se ry 5 moontlike buffel bul groepe tee gekom wat sou doen maar daar was een groep met twee ou dagga boys en 'n jonger bul by wat by een voerbaal naby 'n stroom gele het wat dadelik uitgestaan het.Dit is 'n baie mooi plaas.

Die volgende oggend 6am (na baie min slaap aan my kant) is ons weer na die plaas toe ,kamoefleer top aan,modder op hande en gesig die jag kon begin.

Ons het teen 'n stroompie 3 bulle gewaar en 'n ent verder afgeklim.Ons het dadelik in die stroom se sloot ingegaan met die wind wat reg waai en stadig begin bekruip.Ons het bo 'n vlakvark verby gesluip maar kort daarna het 'n trop bobbejane ons gewaar en begin alarm gee.Ons het die plek genader waar die bulle gestaan het maar hulle het reeds aanbeweeg waarskynlik weens die bobbejane.Kort hierna het die wind in die digter bos teen ons begin draai.

Ons het die bakkie nader geroep en die outfitter het ons gese die 3 bulle (met die 2 dagga boys) is op dieselfde plek as gister.Die wind was goed en hy het ons in 'n sloot anderkant die stroompie (met omringende moeras) afgelaai.Ons moes dadelik begin plat loop aangesien daar so 300m aan die anderkant van die sloot nog 'n groep buffels was.

Die loop en bekruip (waarvan 'n groot deel op my kniee was) het baie stadig teen die sloot se wal uit,anderkant af,deur die moeras waar mens net klein polle gras kry wat jou gewig kan vat) en op teen die wal agter die bos waar die buffels gele en herkou het geskied. Die tog deur die bos was baie stadig en interessant om so stil as moontlik naby hulle te kom.

Uiteindelik was ons 30y van hulle af agter die laaste paar takke.Ek kon net een opening tussen die takke deur sien en het stadig in posisie gekom om te wag maar ongelukkig het die tarentale wat om hulle staan en wei het ons gewaar en alarm opgeskop.Die wind het ook gaan le en hulle het ons geruik,opgevlieg en begin aanstap.Ons het 'n rukkie gewag en is agter hulle aan maar die wind was teen ons.Ons het die outfitter maar geroep.

Hy het ons 'n ent vorentoe afgelaai en ons kon dadelik sien hulle is oppad.Ons het vinnig klein bosse tussen ons gehou en afgesak onder 'n omgevalde doringboom en op ons kniee stelling ingeneem.Kort hierna het die jonger bul op minder as 20y verby gestap ,sy kop na ons gedraai en gaan staan. Tavi was aan my linkerkant met die boom aan my regterkant wat 'n skoot na die 2de bul geblok het.Ek het stadig oorgeleuen om my skiet lyn reg te kry ,oorgehaal en het net begin mik toe die 2de bul ons gewaar en al drie rigting kies.Met die verby hardloop kon ons hulle ruik.

Met die adrenalien wat loop was dit plan C.

Die outfitter het omgery en stadig in 'n pad agter die bos waarin hulle geloop het afgery.Ons kon net net die donker lywe deur die bos sien en het van die bakkie afgeklim terwyl die aangery het.Ons het op ons hurke agter die naaste bos ingekruip en gewag. Na 'n paar minute kon ons die donker swart lywe deur die bos sien.

Na wat soos 'n ewigheid gevoel het het daar 'n bul gaan staan en begin wei.Net sy borskas en helfte van sy maag was vir my sigbaar.Tavi het die verkyker nader getrek en die towerwoorde het gekom:" Dit is hy,33 yards".

Ek was alreeds op my kniee maar moes effens draai.Ek het my sight gestel,oorgehaal,stadig die pennetjie op die kol gesit en geskiet!!! Ek kon sien hoe die pyl die kol kry en ingaan tot net voor die fletches!!! Chaos het losgebreek met die bulle wat wegtrek en mens kon net takkies hoor breek. Ek het omgekyk en Tavi se glimlag het alles gese! Die adrenalien wat vloei het my erg aan die bewe laat gaan (40 minute na die tyd ook nog!)

Ons het net daar gewag en na 25 minute kon ons die bull se doodsgeluid hoor! 'n Geluid wat my vir altyd sal bybly.Ons het nog 20 minute gewag en stadig nader beweeg.Die ander twee bulle was nog in die omgewing maar ons kon hom sien le so 100m van die skoot af!!!

Met bietjie geraas is die ander 2 bulle vort en ek kon my bul aanskou.Hartseer en dankbaarheid gemeng het deur my gevloei en ek het op my knieee by die bul gesak en my Skepper bedank vir die groot voorreg.

Die pyl is deur die oorkantste vel tot net voor die fletches met die agterste stuk en BH wat ons opgetel het naby waar die skoot getref het.

Na die foto's en laai van die bul is ons slagkamers toe.Die pad loop verby 'n groot dam en ons kan aanskou hoe 'n visarend sy karp vang , omhoog styg en 'n paar keer oor ons vlieg met die vis in sy kloue.Ons lewe in so onbeskryflike mooi land.







Toerusting:

Hoyt Carbon Spyder 34,81lbs

Grizzlystick Nano 175 met 60gr ekstra gewig voor in,315gr Alaska Bowhunting Nanook BH.Totale pylgewig 910gr met FOC van 26%

Statistics: Posted by Volmaan — Mon Oct 05, 2015 7:21 pm

Show more